Betowerend!

Een van menige pragtige wandel op die Eiland van Madeira is geleè tussen staproetes hoé pieke van Pico Arieiro en Pico Ruivo (1861 meters).

Die asemrowende uitsigte van diep vallie van lawa roste en walle van basalt wat smelt saam om ´n unieke landskap en vorms te skep wat en enige ´n kunstenaar sal maak.

Jy kan amper ruik en sien hoe die Eiland gevorm word jaare gelend.

Ek het ´n tydjie geneem om te sit en in my verbeelding te dink ek is´n arend wat oor hierdie berg vlieg en afkyk in die valleie daar onder gedek met welige bosse en klein dorpies op die kuslyn met klein huisies wat soos robyne lyk wat indie diepblou see vloei.

Ek het my reis stadig voortgesit terwyl die wolke in rol soos ´n bed van katoen wat my uitnooi om te lê en rus tussen die puntagtige rotse wat soos kastele lyk en wegkruip vir die mense daaronder, terwyl kleure verander met die son wat teen hulle glinster van rooi, geel en swart…..BETOWEREND.

´N wandeling wat werd is om te doen al is dit net vir ´n kort tydjie of hullen dag. Jy sal terug kom om meer van die verskuilde geheime van Madeira te probeer vind. Hulle sê ” ´n prentjie is meer werd as ´n duisend woorde” maar hier in Madeira is dit ´n onvergeetlike herinerung.

Sandra Lopes

Leave a Reply